’n Resep om teleurstelling, terugslae en mislukking te verwerk
’n Finansiële krisis, ’n egskeiding, afdanking, die verlies van ’n geliefde … niemand gaan deur die lewe sonder teleurstelling en terugslae nie.
Wat suksesvolle mense van die res onderskei, is veerkragtigheid – die vermoë om terug te bons. ‘n Negatiewe situasie hoef nie ‘n tree agteruit te wees nie, dalk is dit net wat jy nodig het om jou in ’n nuwe rigting te stuur!
Lewensafrigters, kenners en motiveringsprekers soos Gustav Gous, Lynette Beer en Jannie Putter deel hulle resep om jou te help om teleurstelling, terugslae en mislukkings te verwerk.
Stap vir stap rus hulle jou toe met praktiese waarhede hoe om kragtig vorentoe te beweeg en die lewe te skep wat jy verdien!
HOE JY OPSTAAN, IS WAT SAAK MAAK help om jou manier van dink te verander en innerlike vrede en geluk te ervaar, ongeag omstandighede. Leer ook hoe om die negatiewe ervarings van die verlede agter te laat en ’n nuwe, opwindende toekoms te skep.