Nóú is die tyd [e-Boek]

Verkoop deur megan

Original price was: R109.00.Current price is: R89.00.

… om genees te word van emosionele bagasie

40 geloofskenners help jou om in 40 dae los te kom van jou verlede.

971 in voorraad

Original price was: R109.00.Current price is: R89.00.

971 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
SKU: 9781432208875 Kategorie: Etiket:

[Lees in Voelgoedboeke se e-leser APP]

Talle vroue is vasgevang in die verlede en word elke dag beheer deur die negatiewe ervarings wat hulle liewer in ’n kas toegesluit hou. Soms is die seerkry aan jou binnekant, waar niemand daarvan weet nie. Ander kere is dit aan die buitekant, oop en bloot vir almal om te sien.

Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer, Wanda Bam en ander geloofsvroue sal jou help om los te kom van die verlede. Binne 40 dae kan jy vry wees van die emosionele bagasie wat in jou lewe opgehoop het. Jy sal dapper genoeg wees om die waarheid te praat en sodoende skoon te kom voor God, jouself en ander.

Toe Jesus die man by die bad van Betesda gesien het, het Hy goed geweet dat hy al vir ’n lang tyd verlam was. Hy het vir hom gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5:6) Dieselfde vraag word vir elkeen van ons ook gevra. Wil jy genees word? Jy kan kies!

Van die onderwerpe wat in NÓÚ IS DIE TYD aangeraak word, is:

  • Ons seerkry laat ons voel ons is minder werd as wat ons regtig is.
  • Geen pyn is te erg en geen wond is te diep vir Hom om te genees nie.
  • Hy beplan die mooiste toekoms, wat ook jou verlede insluit.
  • Jy kan die pad van hartseer na genesing stap in elke area van jou lewe.

Moenie langer tevrede wees om met die pyn saam te leef nie. Nóú is die tyd … om van emosionele bagasie ontslae te raak!

Verkoop deur Voelgoed Bestellings
Original price was: R349.00.Current price is: R299.00. -14%
Verkoop deur Voelgoed Bestellings
Original price was: R449.00.Current price is: R379.00. -16%