Wat gelukkige mense weet … (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Wat gelukkige mense weet … (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


Word gelukkig in 9 minute. Voel gelukkig in 90 dae. Wees gelukkig vir altyd.

Is jy moeg vir jou eentonige lewe? Uitgeput van al jou vrese en bekommernisse? Lewensmoeg na te veel seerkry? Is jy ontevrede met wat jy tans het, maar bang vir nog ’n teleurstelling as jy weer sou probeer om jou lewe te verander?

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Is jy moeg vir jou eentonige lewe? Uitgeput van al jou vrese en bekommernisse? Lewensmoeg na te veel seerkry? Is jy ontevrede met wat jy tans het, maar bang vir nog ’n teleurstelling as jy weer sou probeer om jou lewe te verander?

Jannie le Roux wil jou deel maak van ’n droom. Hy wil jou ’n nuwe visie gee. Kom deel in die pret, opwinding, inspanning en worsteling om ’n nuwe werklikheid te skep, want om gelukkig te wees is nie ’n geheim wat net aan ’n uitverkore groepie bekend is nie. Dit is iets wat elke mens kan aanleer.
In WAT GELUKKIGE MENSE WEET… sal jy ontdek …

daar is ander maniere van leef wat meer geluk bring
wat jy moet weet om dit te kan doen
dat dit in jou hande is om die regte keuses te maak
hoe jy anders kan glo, dink en doen

Na die lees van hierdie boek sal jy weet geluk begin by God. Dat dit beteken om die lewe wat jy ontvang het, aan te gryp sonder om te vra dat sorge van jou weggeneem word, maar eerder dat jy sal regkom met jou sorge. Om guns en genade elke oomblik raak te sien, te beleef en te geniet. Dis geluk – vir jóú.

DR. Jannie le Roux is reeds langer as dertig jaar predikant en motiveringspreker en kén mense en die lewe. Na die skryf van sestig boeke getuig hy dat hy die Teenwoordigheid van God persoonlik ervaar het. Hy is (gelukkig!) getroud met Wilma en hulle het drie kinders en een kleinkind.

SKU: 9781432206871 Kategorieë: , , , , ,