Waarborg vir jou redding [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Waarborg vir jou redding [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Verkry wat jy verbeur het – beloftes van die ewige lewe

’n Verduideliking hoe God se meesterplan deur die eeue werk: nie ’n rigiede resep nie, maar gekoppel aan ’n lewende Persoon, Jesus Christus

R53.00 R89.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 53 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

“SKIELIK, EENDAG, GAAN JOU OË OOP. JY SIEN DIE WAARHEID, DIE ENIGSTE WEG EN JY DRAAI NA HOM EN VOLG. JY HET VAN DIE DONKER NA DIE LIG BEWEEG; UIT DIE DOOD NA DIE LEWE.”

Dit is vir gelowiges lewensbelangrik om te weet hoe God hulle sien. Hier is nie maklike antwoorde of kitsoplossings nie. Die skryfster deel uit haar ervaring ná donker tye hoe sy opnuut die Lig en Waarheid gevind het. Daarom die diep begeerte dat ander ook in hierdie ongelooflike waarborg deel.

Waarborg vir jou redding verduidelik hoe God se meesterplan deur die eeue werk: nie ʼn rigiede resep nie, maar gekoppel aan ’n lewende Persoon, Jesus Christus. Wie glo, is reeds in Hom opgeneem: in eenheid as sy Liggaam en in afwagting as sy Bruid.

Die leser raak metgesel op die pad van harde geloof maar die sagte landing in die arms van ’n Vader wat omgee – alles deur die oë van die skryfster se eie geloof. Dis ’n tog uit die donkerte na die Lig. Dan kom die hoogtepunt: die geheim van die eerste opstanding – nuwe lewe, herstelde beeld, IN Christus. Dan verkry ons wat ons verbeur het – sy lewe IN ons. Só sien ons hoe lank ons waarborg hou – vir altyd.

RIANA VAN DER MERWE skryf met groot passie vir God en sy Woord. Nadat sy self deur donker tye was, wil sy vir medegelowiges oopmaak wat die Gees op haar hart druk. Daarom kan sy ingewikkelde sake oor die Bybel vir gewone lesers oopsluit. Riana woon in Brisbane Australië as eggenote, ma van vier kinders en ouma vir ’n pragtige kleinkind.

SKU: 9781432208790 Kategorieë: , , , , ,