Vyftig, vurig en fabulous [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Vyftig, vurig en fabulous [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


In Vyftig, vurig en fabulous gee Brümilda die antwoorde op vrae soos hoe sy vir só lank só goed kan lyk en waar sy haar styl vandaan kry. Sy verklap dat die geheim tot sensualiteit iets te doen het met denke, dade en leefstyl. Maar een ding is irrelevant … lees en vind uit wat dit is! Jy kan ook stylvol, smeulend, vervuld en tydloos volvrou wees.

R72.00 R120.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 72 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Brümilda van Rensburg is ’n magneet vir komplimente.

Hoe lyk ’n mens vir só lank só goed?
Waar kry sy haar styl vandaan?
Hoe is sy op vyftig plus steeds ’n rolmodel vir twenty-something aktrises?
En waar steek sy haar mojo-resep weg?

In Vyftig, vurig en fabulous gee Brümilda die antwoorde. Dis nie ’n outobiografie nie, maar dit gee die leser wél ’n kykie op wie sy is en wie haar help vorm het.

’n Inspirasieboek! Brümilda verklap dat wie sy is iets te doen het met die verlede.

Met mense en hulle invloed op haar lewe. Wie jy is, het baie te doen met wie jy jou omring en styl kan nie gekoop word nie.

Brümilda het geleer dat enkellopendheid jou nie definieer nie, maar jou uitdaag.

Dat wanneer jou paadjie nie noodwendig uitdraai soos jy hoop nie, die road less travelled soms ander verrassings bied.

Die geheim tot sensualiteit, het iets te doen met denke, dade en leefstyl. Maar een ding is irrelevant … lees en vind uit wat dit is!

Brümilda se bates (innerlik én uiterlik) is binne jou bereik. Van vandag af kan jy stylvol, smeulend, vervuld en tydloos volvrou wees.

SKU: 9781432200985 Kategorieë: , , , , , , ,