Vroue wat Glo-tydskrifboek (#2) - Jou Godgegewe passie! (PDF) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Vroue wat Glo-tydskrifboek (#2) – Jou Godgegewe passie! (PDF)

Beskikbaarheid:

In voorraad


Dié tydskrifboek met sy pragtige uitleg en volkleurfoto’s is spesifiek bedoel vir vroue wat hulle geloof deel wil maak van elke terrein van hulle lewe.

R50.00 R83.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 50 Bonuspunte verdien.

Dié tydskrifboek met sy pragtige uitleg en volkleurfoto’s is spesifiek bedoel vir vroue wat hulle geloof deel wil maak van elke terrein van hulle lewe.

Vroue vandag wil graag weet wat dit beteken om ’n Christen te wees – by die huis, by die werk, wanneer hulle kinders rondry en aandete maak. Geloof is nie net vir Sondae in die kerk nie; dit beïnvloed elke kwessie waarvoor ons te staan kom, elke dag van die week.

Die Vroue wat Glo-tydskrifboek sal jou uitdaag om verder te dink en jou help om jou geloof prakties uit te leef. Jy kry toepassings van die Skrif en eerlike stories en getuienisse van vroue wat God eerste stel.

Die boek bevat ’n verskeidenheid artikels, van inspirasie vir groter geloof tot geestelike groei, Bybelstudie en gebed.

  • As jy ’n Christen wil wees, tree dan soos een op, sê Liesel Krause-Wiid. Die manier hoe jy mense behandel, verklap baie oor wie jy regtig is. Wees versigtig: Jou dade skree harder as jou woorde!
  • Die Bybel sê God wil graag hê dat ons met Hom moet praat en ’n persoonlike verhouding met Hom moet hê. Hoe doen ’n mens dit? Vind uit met behulp van die Bybelstudie.
  • Almal het vrae. Andries Enslin beantwoord 10 van die algemeenste vrae wat gelowiges vra. Jy kan uitsien na temas soos: Beteken twyfel ek glo nie regtig nie? Het ek ook ’n spesiale gawe gekry? Beïnvloed slegte omstandighede my geloof? en meer.
  • Wat is jou Godgegewe passie? Dit is die dinge wat jou spring-in-die-lug, lag-uit-jou-maag bly maak. Sodra jy weet wat jou passie is, kan jy begin om Sy visie en ideale vir jou lewe te ontdek.

Jy sal mal wees oor die maklik-lees-uitleg, duursame mat papier en pragtige foto’s. Dit voel meer soos ’n boek as ’n tydskrif!