Volgende jaar jonger - Voelgoedwinkel
-85%
, , , , , , , , , , , ,

Volgende jaar jonger

Beskikbaarheid:

In voorraad


Nuwe moontlikhede vir ’n ongelooflike lewe ná 50

Geïnspireer deur die reis tydens hulle eie middeljare, deel skrywers soos Amore Bekker, Jannie Putter, Lynette Beer, Gustav Gous, Susan Coetzer, Wouter Snyman en ander hulle tydlose advies en lewensgeheime.

R30.00 R199.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 30 Bonuspunte verdien.

Jy is in die tweede helfte van jou lewe en jy wonder: Wat is volgende? Die tweede deel van jou lewe kan beter wees as die eerste!

Geïnspireer deur die reis tydens hulle eie middeljare, deel skrywers soos Amore Bekker, Jannie Putter, Lynette Beer, Gustav Gous, Susan Coetzer, Wouter Snyman en ander hulle tydlose advies en lewensgeheime.

As jy vasgeval is in “Wat is volgende?” en “Wat bly oor?”, sal Volgende jaar jonger jou help om aan die gang te kom en in die regte rigting te beweeg. Jy leer nie net wát om te doen nie, maar ook hóé om dit te doen.

Hoe om die manier waarop jy dink te verander, jou geldsake, werk, liefde én hoe om fiks te bly en goed te lyk, is temas waarna jy kan uitsien. Elke tema het ook ’n joernaalspasie waar jy deur jou vrese, onsekerhede en gebrek aan visie wat jou laat stagneer, kan werk.

Volgende jaar jonger is soos ’n boks sjokolade – maak dit oop, haal uit waarvoor jy lus is, geniet dit en kom later terug vir meer.