Vertrou op Hom [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Vertrou op Hom [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Sê nou maar net jy kon alles wat jou pla, al jou issues, al jou frustrasies direk vir God sê? Wat dink jy sou Hy vir jou terug sê?

Dis wat Jannie le Roux gedoen het. Vertrou op Hom wil jou help om te fokus op die belangrikste verhouding in jou lewe.

R87.00 R145.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 87 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

’N MAN SE LEWE IS VOL VRAE …
MAAR DAAR IS EINTLIK NET EEN ANTWOORD …

Sê nou maar net jy kon alles wat jou pla, al jou issues, al jou frustrasies direk vir God sê? Wat dink jy sou Hy vir jou terug sê?

Dis wat Jannie le Roux gedoen het. Hy het allerlei vrae in hierdie boek verwoord en die antwoorde aan die hand van die Bybel neergeskryf soos wat hy dink God hulle sou sê.

Vertrou op Hom wil jou help om te fokus op die belangrikste verhouding in jou lewe. Vanuit hierdie kragtige geloof sal dan ’n lewe wat sinvol en doelgerig is, volg.

Hierdie belofte staan in skrille kontras met al die verantwoordelikhede en aanslae wat daagliks oor ’n man se pad kom. Om suksesvol in jou beroep te wees, ’n lojale huweliksmaat, liefdevolle pa, kranige sportman én gesond (en aantreklik!) te bly, verg amper die onmoontlike van ’n gewone vlees-en-bloed man.

Dié dagstukke vir mans bied daarom nie net inspirasie en aanmoediging nie, maar ook praktiese waarhede vir elke uitdaging. Die temas sluit in: finansies, konflikhantering, leierskap, mislukking, sukses, uitbranding, verhoudings, visie en werk.

Dit maak nie saak in watter volgorde jy lees nie. Voor in die boek is ’n alfabetiese lys met al die onderwerpe sodat jy kan blaai na ’n dagstuk volgens jou spesifieke behoefte op ’n gegewe tyd. Soos wat jy deur die boek werk, sal jy die een antwoord op al jou vrae ontdek: jy kan die Here vertrou.

SKU: 9781432203887 Kategorieë: , , , , , ,