Val en opstaan [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Val en opstaan [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Om sterker anderkant uit te kom ná seerkry en pyn

Andries het besef dat geloof beteken jy is doodseker jou Pa is 100% in beheer van jou lewe. Of jy baie probleme het en of jou lewe seepglad verloop – Hy is daar. In Val en opstaan deel hy sy storie en vertel hoe God hom gedra het op sy geloofspad.

R69.00 R115.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 69 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Miskien was jy al lus om te sê: Waar is die vorm wat ’n mens invul om die lewe te bedank? Ek is klaar met die rat race. Klaar met die verantwoordelikhede en die stres. Klaar met die seerkry en die pyn. Klaar met hoop dat môre beter gaan wees.

Andries Enslin is self deur ’n lewenskrisis en hy was moeg en uitgebrand. Maar hy het deur sy seer gewerk, teruggebons en sterker anderkant uitgekom.

“Daar is ’n tyd in elke mens se lewe waar jy rock bottom slaan en glo daar is geen uitkoms nie. Ek het so ’n krisis gehad en ek wil jou graag help as jy nou deur ’n moeilike tyd gaan.”

Andries het besef dat geloof beteken jy is doodseker jou Pa is 100% in beheer van jou lewe. Of jy baie probleme het en of jou lewe seepglad verloop – Hy is daar. In Val en opstaan deel hy sy storie en vertel hoe God hom gedra het op sy geloofspad.

Jy het ’n keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. Gelukkig is daar goeie nuus: Jy sál daardeur kom met baie genade en met die liefde van ’n Pa wat jou nooit sal los nie.

SKU: 9781432206352 Kategorieë: , , , , , , ,