Te besig met besigwees? [Selfoonboek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Te besig met besigwees? [Selfoonboek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Leer in 21 weke hoe om al die balle in die lug te hou

Moenie dat besigwees op die lange duur jou vreugde steel nie!

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

“Besig” het die woord geword waarmee ons mekaar groet. Jy dink dalk dit hoort so: dis tog wat jy moet doen as jy bo wil uitkom. Jy cope mos darem nog. Maar op die lange duur kan besigwees jou vreugde steel.

Elke mens is gemaak vir ’n ritme van werk en rus – anders sal jy uitbrand. Jy móét dus daardie sweet spot kry waar jy optimaal en kragtig, maar op jou heel gemaklikste, kan funksioneer.

Te besig met besigwees? sal jou verstand en jou hart oopmaak sodat jy geïnspireerd sal wees op jou beste lewe rustig te leef.

Ons het ’n groep skrywers, predikante, entrepreneurs, sakelui, sielkundiges, lewensafrigters, mentors en mediapersoonlikhede gevra vir hulle wenke vir beter tydsbestuur. Nou kan jy deel in die insig van hierdie professionele mense wat moes leer hoe om al die balle in die lug te hou.

Die selfoonboek bestaan uit 21 temas, wat week vir week deurgewerk kan word en gelees kan word op jou foon se skerm.

SKU: selfoonboek1 Kategorieë: , , , , , , ,