Staan op, staan vas, staan uit [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , , ,

Staan op, staan vas, staan uit [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Word die man wat jý bedoel is om te wees

77 mans skryf oor alles wat elke vrou graag wil hê haar man moet weet.

R59.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

In ’n wêreld waar mans al hoe meer terugstaan, is godvresende mans nou nodiger as ooit tevore. Mans wat sal opstaan en die leiding sal neem by die huis, by die kerk, by die werk en in die gemeenskap.

“Sal ek ooit goed genoeg wees?” Mans raak dikwels vasgevang in die prestasieslagyster. Hulle kan eenvoudig nie van hulle eie en ander se verwagtings af wegkom nie. Dan leef hulle bloot ’n lewe van plig, stille frustrasie en sinloosheid.

In hierdie tyd wat die wêreld ’n groot behoefte het aan helde, maak seker jou man weet hy is net die regte persoon daarvoor. Eerlik. Hardwerkend. Sorg vir sy gesin. Nie bang om standpunt in te neem en God te volg nie.

Paulus gee ’n duidelike opdrag: “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied” (1 Korintiërs 16:13-14).

Mans word uitgedaag om hulle rol as geestelike leiers van hulle gesinne te ondersoek. Om hulle vroue lief te hê. Hulle tyd wys te bestee. En te werk aan ’n dieper verhouding met die Here.

Manne, om te probeer om op jou waardes en oortuigings te staan, kan jou laat voel soos iemand wat in ’n rivier van die een boomstomp na die ander spring. Dit kantel onder jou gewig en dis net ’n kwessie van tyd voor jy in die troebel water gaan val.

Sê nou jy kon op ’n soliede rots staan in plaas van op bewegende houtstompe? Wat as jy met selfvertroue kon loop, terwyl almal om jou deur die lewe strompel en gly?

Dis nou die tyd! Lees die 77 stukke geskryf deur mans soos jy. Elke stukkie is kort genoeg dat jy dit in enkele minute kan lees, maar dit sal jou denke lewenslank verander.

Staan op en ontdek wie Hy wil hê jy moet wees. Wees sterk en moedig, maar sonder ’n masker van valse krag en bravade. Erken jou swakhede, terwyl jy terselfdertyd jou krag vind in geloof en opregte liefde.

Staan vas in moeilike tye en vertrou God as jou bron van moed en krag. Soek jou wysheid en antwoorde in die Woord en wees terselfdertyd op die aanval én op die verdediging vir Hom.

Staan uit en aanvaar jou verantwoordelikheid in die gemeenskap, by die werk en tussen jou vriende. Dien jou gesin, beskerm jou geliefdes en neem standpunt in vir Christus.

Dis waartoe jy uitgedaag word: Skryf jóú naam in jou verbeelding in die blokkie voor op die boek en word die man wat jý bedoel is om te wees!

SKU: 9781432208912 Kategorieë: , , , , , , , , Etikette: , , , , , ,