Soos 'n brullende leeu [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Soos ‘n brullende leeu [e-Boek]

sagteband
Beskikbaarheid:

In voorraad


’n Eindtydroman

Soos ’n brullende leeu is ’n eindtydroman wat vertel van die laaste dae se afvalligheid, maar ook van die oorwinning van die geloof wat kom. Dit sal jou meesleur en saam met die hoofkarakter leer bid: “Kom, Here Jesus, ja, kom gou!” Want uiteindelik sal net Christus se wederkoms ’n einde aan die mag van die Bose kan bring.

R59.00 R98.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Dit is die laaste paar dae op aarde en miljoene mense wêreldwyd is besig om ’n nuwe geestelike tuiste in Die Ware Weg te vind.

Miklós Balázs is die leier van dié geloof met sy uitsonderlike aanbiddingstyl en beloftes van finansiële voorspoed en liefde onbeperk.

Vir Jan Liebenberg, bekeerde teoloog van Stellenbosch, is Die Ware Weg uit die hel self afkomstig. Hy sien in Miklós onbetwisbaar die koms van die Antichris.

Jan kry ’n Daniëlsbende bymekaar om getroue gelowiges te waarsku om voorbereid te wees op die einde van die wêreld en die wederkoms van Christus.

  • Sal Jan se geloof staande bly in dié nuwe aanslag?
  • Sal hy daarin slaag om sy kosbaarste besit uit die greep van die Bose te bevry?
  • En hoe moet sy pad vorentoe loop met die twee vroue in sy lewe: sy eks, Marlene, en Surita, na wie sy hart bly hunker?

Soos ’n brullende leeu is ’n eindtydroman wat vertel van die laaste dae se afvalligheid, maar ook van die oorwinning van die geloof wat kom.

Dit sal jou meesleur en saam met die hoofkarakter leer bid:

“Kom, Here Jesus, ja, kom gou!” Want uiteindelik sal net Christus se wederkoms ’n einde aan die mag van die Bose kan bring.”

SKU: 9781770312821e Kategorieë: , , , , ,