Skei maak seer [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Skei maak seer [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Uit die hart van ‘n man, oor die pyn van egskeiding

In Skei maak seer deel Johan de Lange sy kennis en storie. Sommige lesse het hy te laat geleer … Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Is jy seker EGSKEIDING is die  enigste, beste en maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie.

Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou) geloop het.

Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman.

Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het. In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie.

Sommige lesse het hy te laat geleer … Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees.

Om ’n paar waarhede in die oë te kyk:

  • Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?
  • Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?
  • Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie.

Dis die hoop wat getroudes met hulle saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.