Ruitevrou [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Ruitevrou [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


’n Ware verhaal van ’n vrou se mishandeling

Ruitevrou is ‘n ware verhaal wat die soeklig laat val op die emosionele en liggaamlike mishandeling van vroue in die samelewing.

R45.00 R75.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 45 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Sy moet die eerste een wees om te praat …

Want vroue praat nie hieroor nie … die skande is te groot.

Toe die hadidas oor die huis vlieg en sy hulle soos vroue hoor roep, toe sy na die landskap van swye om haar kyk,  weet sy dat sy die ondenkbare, die ongehoorde moet doen. Sy wil nie, maar die hadidas roep en roep. Miskien is dit God wat hulle oor die dak laat vlieg. Op ’n dag loop sy telefoon toe, bid ’n skietgebed en skakel ’n skrywer.

En sy praat, praat oor …

  • vereensaming
  • vloeke
  • verwyte
  • vuishoue
  • vernederings
  • verbreekte beloftes
  • vrees wat nooit weggaan nie.

Ruitevrou is ’n ware verhaal wat die soeklig laat val op die emosionele en liggaamlike mishandeling van vroue uit elke laag van die samelewing en elke kultuurgroep in die land.

Met die eerste verskyning van die boek in die laat negentigs is meer as 30 000 eksemplare verkoop. Oral in Suid-Afrika het die boek opslae gemaak en koerantopskrifte gehaal.

Meer as 12 jaar later het niks verander nie. Die verhaal van Ruitevrou is steeds ’n bloedstollende verhaal wat op ’n duisend maniere deur tienduisende vroue beleef word. Die verhaal van Ruitevrou wil die waarheid uitroep, want in waarheid skuil vryspraak – dalk selfs vergifnis.

SKU: 9781432201050 Kategorieë: , , , , , , ,