Oulike Ma-tydskrifboek (#1) - Maak gelukkige kinders groot
-83%
, , , , ,

Oulike Ma-tydskrifboek (#1) – Maak gelukkige kinders groot

Beskikbaarheid:

In voorraad


Tydskrifboek met raad vir ma’s wat net hulleself wil wees.

‘n Tydskrifboek het die waardevolle inhoud van ouerskapkenners waarop jy kan staatmaak EN dit lees so lekker soos ’n tydskrif.

R20.00 R119.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 20 Bonuspunte verdien.

Tydskrifboek nou in winkels!

Die langverwagte Oulike Ma-tydskrifboek is vanaf Maandag 18 Augustus by uitgesoekte Pick n Pay-winkels beskikbaar.

As ma het jy soms iets nodig wat jou in ’n kits beter sal laat voel. Naas sjokolade is hierdie tydskrifboek die beste oplossing! Carpe Diem Media, uitgewer van Finesse-tydskrif, bied hiermee vir mammas ’n positiewe en veilige plek waar hulle inligting, inspirasie en ondersteuning kan kry. Ons wil ma’s daaraan herinner dat kinders grootmaak ’n heerlike, vreugdevolle avontuur kan wees.

Die tydskrifboek het alles waarvan jy in ’n tydskrif hou – kleurryke bladsye, pragtige foto’s en ’n maklik-lees-uitleg, gekombineer met die permanensie en aantreklikheid van ’n boek. Die tydskrifboek het verskillende afdelings en bevat alles wat jy wil weet oor…

  • Oulike ma. Leer meer oor die balans tussen positiewe en negatiewe druk op kinders in die 21ste eeu. Begeer jy ’n flukse kind? Ons kenners het raad.
    Verstaan jy die liefdestaal wat jou kinders praat? Laat ons jou help om hulle waarlik te “hoor” en sodoende beter dissipline toe te pas.
  • Gelukkige kinders. Selfs eksamentye kan makliker wees vir almal in die huis.
    Hierdie seksie bevat oorlewingswenke vir groepsdruk en hoe om kinders gereed te maak vir die stampe en stote van die lewe.
    Jy kan ook seker maak jy ken die verskil tussen wat jy ván en wat jy vír jou kind wil hê.
  • Liefdevolle gesin. Vergeet van die ideale gesin! Kinders baklei en dis normaal, maar soms moet ouers ingryp.
    Kry ook ’n vyfpuntplan vir hegte gesinsbande. En ontspan: Dis eintlik goeie nuus dat jou kind haar oë vir jou omdop…
  • Perfekte ouerskap. Oor sommige aspekte van ouerskap het ’n gewone ma ekstra kennis nodig om ’n buitengewone ma te word.
    Vertrou jou eie instink en kombineer dit dan met kenners se wysheid oor gesag, hoe om dissipline toe te pas en hoe om te keer dat jou kind negatiewe gedrag toon.
  • Goeie waardes. Die S-woord is genoeg om enige ma na ’n groot blok sjokolade te laat gryp! Gretha Wiid gee antwoorde op al jou vrae oor hoe om jou kind seksslim te maak.
    Elke ma begeer dat haar kinders met vreugde sal lewe en ons wys jou hoe om hierdie droom vir hulle waar te maak.
    Uiteindelik is daar nou raad vir gewone ma’s wat net hulleself wil wees. Jy hoef nie meer daarna te streef om perfek te wees nie, maar ons help jou om die perfeksie binne jouself te ontdek.
SKU: 9781432208622(W1-18-M07) Kategorieë: , , , , ,