Oros vir die siel [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Oros vir die siel [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Die verhaal van Kyle wat lig, lewe en liefde herontdek.

Oros vir die siel is die eerlike verhaal van ’n vrou se reis van ontnugtering tot ’n lewe met ’n doel, ’n reis terug na die lig.

R72.00 R120.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 72 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Ek het gedroom jy is baie dors. Jy was deur ’n groot stuk woestynland op reis met ’n swaar tas op jou rug.

Oral het iemand jou iets aangebied om jou dors te les.

Jy het allerhande goed gedrink. Maar na elke glas was jy dorser en was jou tas swaarder.

”Op twee-en-veertig het Kyle van Aswegen oënskynlik alles: ’n ryk man, twee normale tieners en moody copper high-lights in haar hare.

Maar die man praat feitlik niks, die kinders toon aweregse neigings, en die highlights voel net moody.Vir meer as dertig jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak. Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het.

So lank al probeer sy die Oros vir die siel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het – in drank, dwelms, seks, geld …

Tot sy op die dag van haar man se vyftigste verjaarsdag besef dat daar te veel pointers is om die uitnodiging langer te ignoreer:

Sy sal die kerkding probeer. En die Here praat met haar, reguit en duidelik.

By Hom kan sy die swaar tas afgooi en die inhoud uitskud. Susan Coetzer is bekend as aktrise, skilder en restauranteur. Oros vir die siel, haar debuutroman, is die eerlike en ontroerende verhaal van ’n vrou se reis van ontnugtering tot ’n lewe met ’n doel, ’n reis terug na die lig en die liefde.