Nuwe Jy-tydskrifboek (#2) – Lief vir jouself - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , , ,

Nuwe Jy-tydskrifboek (#2) – Lief vir jouself

Beskikbaarheid:

In voorraad


Finesse se Nuwe Jy-tydskrifboek dek die onderwerpe wat vir vroue die meeste saak maak: gewigsverlies, gesonde eetgewoontes, oefenroetines en -riglyne, jonkblygeheime en nog meer.

Die boek is tans op nasending.  Ander produkte wat saam met die produk gekoop word sal eers gestuur word wanneer voorraad ontvang word vir die boek.

R95.00 R119.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 95 Bonuspunte verdien.

Nuwe Jy tydskrifboek

Wil jy graag gewig verloor sonder om dit weer op te tel? Soek jy antwoorde op skoonheidsvrae waaroor jy wonder? Wil jy weet hoe om reg te oefen?

Die Nuwe Jy-tydskrifboek bied jou die beste van twee wêrelde: ’n tydskrif en boek in een. Verlustig jou aan die kleurbladsye, pragtige foto’s en mooi ontwerp van ’n tydskrif, gekombineer met die kwaliteit van ’n boek.

Moenie dieselfde ou, vervelige raad verwag nie. Jy kry inligting oor die jongste navorsing om jou te help om die lyf en voorkoms te kry wat jy nog altyd begeer het. Dit is propvol advies oor watter oefeninge om te doen, hoe om op jou mooiste te lyk, hoe om gesonder te eet, en selfs hoe om gelukkiger te wees. As bonus kry jy ook ’n sewedageetplan.

Linda Kriel gee praktiese en inspirerende wenke om mooi te lyk, met spesifieke gewoontes wat haar mettertyd in staat stel om fiks en viets te bly, sonder moeite.

’n Topgehalte-volkleurtydskrifboek om goed te lyk en fantasties te voel – vir altyd!

SKU: 977241325300717002 (W1-18-B02) Kategorieë: , , , , , ,