Nóú is die tyd (Deel 2) (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Nóú is die tyd (Deel 2) (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


… om genees te word van emosionele bagasie

20 geloofkenners help jou om in 20 dae los te kom van jou verlede.

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Talle vroue is vasgevang in die verlede en word elke dag beheer deur die negatiewe ervarings wat hulle liewer in ’n kas toegesluit hou. Soms is die seerkry aan jou binnekant, waar niemand daarvan weet nie. Ander kere is dit aan die buitekant, oop en bloot vir almal om te sien.

Liesel Krause-Wiid, Wanda Bam, Stella en ander geloofsvroue sal jou help om los te kom van die verlede. Binne 20 dae kan jy vry wees van die emosionele bagasie wat in jou lewe opgehoop het. Jy sal dapper genoeg wees om die waarheid te praat en sodoende skoon te kom voor God, jouself en ander.

Toe Jesus die man by die bad van Betesda gesien het, het Hy goed geweet dat hy al vir ’n lang tyd verlam was. Hy het vir hom gevra: “Wil jy gesond word?” (Johannes 5:6) Dieselfde vraag word vir elkeen van ons ook gevra. Wil jy genees word? Jy kan kies!

Van die onderwerpe wat in NÓÚ IS DIE TYD (Deel 2) aangeraak word, is:
• Net God kan jou gesond maak.
• Ook gelowige vroue het seerkry om te verwerk.
• Genesing is moontlik, maar jy moet die besluit neem.
• Daar is ook vir jou ’n pad na ’n nuwe lewe.

Moenie langer tevrede wees om met die pyn saam te leef nie. Nóú is die tyd … om van emosionele bagasie ontslae te raak!