Nóg 51 dinge om te weet vóór jy dieet (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , ,

Nóg 51 dinge om te weet vóór jy dieet (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


Verloor gewig, bly gesond en leef gelukkiger

Om gewig te verloor gaan oor meer as net die kos wat jy eet.

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Jy het al ál wat ’n dieet is, probeer. Jy verloor soms gewig – maar sit dit alles weer aan sodra jy begin “normaal” eet. Jy is ’n soettand en sukkel om suiker uit te sny. Jy het laatnag-cravings en eet as jy gestres, kwaad of moeg is.

Maar, hier is die goeie nuus!

Jy is nie vraatsig of sonder wilskrag nie, jy het net nog altyd die verkeerde advies gekry. Dit kan nou vir altyd verander!

51 dieetkundiges het saamgespan om vir jou die beste, praktiese raad oor dieet en die regte leefstyl te gee.

NÓG 51 DINGE OM TE WEET VÓÓR JY DIEET help jou om jou kop reg te kry en ingeligte keuses te maak, terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef. Kry raad en ook antwoorde op vrae soos:
• Maak dit my vet om laat in die aand te eet?
• Kan ek enigiets aan my gene doen?
• Is daar planne vir lekker kuier en steeds slank bly?
• Is water drink regtig so belangrik?
• Kan mens maer word van meer slaap?
• Hoe kan ek die gewig wat ek afskud vir altyd verloor?
• Is om te detoks regtig goed vir my liggaam of is dit net ‘n storie?

Eet is lekker! Geniet die regte kos sonder om skuldig te voel.

SKU: selfoonboek15 Kategorieë: , , ,