Masker met ’n Boodskap – God het die wêreld so liefgehad
-25%
,

Masker met ’n Boodskap – God het die wêreld so liefgehad

van Vroue Wat Glo
Beskikbaarheid:

In voorraad


Ons maskers is spesiaal ontwerp om te bemoedig én ’n positiewe geloofsboodskap met ander te deel. In ’n tyd wat ons God se krag meer as ooit tevore nodig het, kan gelowiges ’n lig vir die wêreld wees!

R59.00 R79.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

Maskers met ’n Boodskap

Hou jouself en jou gesin veilig met gesigmaskers wat terselfdertyd ook ’n boodskap van hoop met ander deel wat jy raakloop.

Navorsers van Harvard Universiteit voorspel dat ons minstens tot 2022 persoonlike beskerming en sosiale afstand gaan moet toepas. Dus kan ons aanvaar dat die dra van ‘n gesigmasker waarskynlik nog vir ‘n jaar of twee hier is om te bly.

Ons maskers is spesiaal ontwerp om te bemoedig én ’n positiewe geloofsboodskap met ander te deel. In ’n tyd wat ons God se krag meer as ooit tevore nodig het, kan gelowiges ’n lig vir die wêreld wees!

Wys jou geloof deur een van dié maskers in ons reeks, gegrond op bekende hoopgevulde Bybelverse, te dra:
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het (Johannes 3:16)
Geloof Hoop Liefde (1 Korintiërs 13:13)
Vertrou op die Here (Spreuke 3:5)

Finesse Voelgoed Tydskrif bid en vertrou – veral in hierdie tyd van inperking – dat mense nader aan God sal beweeg en Sy hart sal leer ken.

Maskers met ’n Boodskap se buitelaag bestaan uit fyngeweefde poliëstermateriaal en die binnelaag uit poliësterkatoen. Daar is ook spasie tussen die twee lae vir ’n filter wat ekstra beskerming verseker. Dit kan met warm water en seep, wat nie versagmiddel bevat nie, vir hergebruik gewas word. Lugdroog of tuimeldroog op ’n warm siklus. Die maskers het ook gemaklike, verstelbare bandjies om maklik agter jou kop vas te maak.

Goeie masker-etiket:

  • Was jou hande voordat jy jou masker opsit.
  • Maak seker die masker bedek jou neus, mond en ken behoorlik.
  • Moenie aan jou gesig vat of met die masker vroetel nie.
  • Haal jou masker versigtig af, met die binnekant na binne gevou.
  • Was jou hande nadat jy jou masker afgehaal het.
  • Was jou masker daagliks in warm water.
  • Hou altyd ’n tweede skoon masker byderhand.
SKU: masker-God-het-die-wêreld-so-liefgehad (W1-18-M03) Kategorieë: ,

Vroue Wat Glo

error: Inhoud Is Beskerm!!