Maria [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Maria [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Aanvaar soos Maria, Jesus se ma, jou spesiale plek in God se plan met dankbaarheid, maak vrede met Hom en word ‘n gelowige vrou

R59.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Maria se hele lewe word omgedop, die dag toe die engel haar kom besoek. Nooit het sy kon dink dat haar “ja” vir God haar lewe só ingrypend sou verander nie. Dit het ál haar verhoudings beïnvloed, die meeste van alles haar verhouding met God. God was nie meer net God nie; Hy was nou ook haar Seun se Vader.

En haar Seun het soms baie vreemd opgetree. Sy het soms nie geweet wat om met Jesus te maak nie. Haar ander kinders het ook gesukkel om vrede te maak met hulle oudste broer. As ma moes sy alles in die stryd werp om haar gesin bymekaar te hou.

Maria moes leer …

haar eie drome en ideale kan nooit voor God se meesterplan inskuif nie
haar wonderlike Seun is in baie opsigte ook ’n vreemde Seun, met ’n eie roeping
om God lief te hê, al is Hy baie anders as wat sy gedink het
dat God nie altyd inpas in háár prentjie van Hom nie.

Eers toe Maria hierdie dinge leer, kon sy vrede met God maak, en haar spesiale plek in sy plan met dankbaarheid aanvaar – en hierin het sy ’n gelowige vrou geword wat ons elkeen kan navolg.

JACO THOM is predikant in die Paarl, getroud met Elmien en die pa van drie dogters. Hy is as skrywer bekend vir sy topverkoper Die Bybelroman asook ander Bybelse fiksieboeke soos Lea en die eindtydroman, Soos ’n engel van die lig.

SKU: 9781432201135 Kategorieë: , , , , ,