MansGenoeg! (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

MansGenoeg! (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


Meer tyd. Meer geluk. Meer effektief. Meer doelgerig. Meer pret.

Hoeveel beplanning doen jy om gelukkig te wees? Die daaglikse ‘doenmynou, doenmygou’ dinge hou jou so besig, dat die res van jou lewe aan die kortste end trek. Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie … Kry jouself is rat, vandag nog, met hierdie verkorte weergawe om gemaklik op jou slimfoon te lees!

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Die wêreld het godvresende mans nou nodiger as ooit tevore. Dié wat sal opstaan en die leiding neem by die huis, die kerk, die werk en in die gemeenskap.

Paulus sê in 1 Korintiërs 16:13: “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” Mans se manlikheid word uitgedaag. Dit is ’n oproep tot waagmoed en dapperheid … om MANSGENOEG! te wees.

Ten spyte van wat die wêreld as manlikheid voorhou, beteken dit nie om macho, arrogant of dominerend te wees nie. Eerder om ’n man na God se hart te wees. Gedissiplineerd in jou geloof, in jou huwelik, as pa, by die kerk, by die werk, en as volgeling van Jesus.

Mans kyk dikwels na ander vir inspirasie. 100 mans soos Jannie Putter, Stephan Joubert, Wouter Snyman en Frank Rautenbach gebruik aanhalings wat hulle geroer het én deel hulle wysheid wat elke man, oud of jonk, daagliks self kan toepas om, soos wat ons almal na streef, ’n beter man te word.