Los die werkende ma skuldgevoel! (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , , ,

Los die werkende ma skuldgevoel! (Selfoonboek)

van Carpe Diem Media Digitaal

Raad van vroue wat net so besig is soos jy

Advies en raad van werkende ma’s wat net so besig is soos jy, help jou om minder gestres te wees, minder skuldig te voel en meer gedoen te kry. Terselfdertyd word jy as ma bemoedig om jou eie drome na te jaag.

R27.00 R45.00

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Ma-wees is harde werk en verg amper al jou aandag, elke dag. As jy boonop ’n beroepsvrou is, moet jy behoorlik rondspring om alles gedoen te kry.

Ons vergelyk onsself met die perfekte ma’s op TV en in tydskrifte of op sosiale media. Ma’s wat lyk of hulle alles agtermekaar het.

LOS DIE WERKENDE MA SKULDGEVOEL! help ma’s om minder gestres te wees, minder skuldig te voel en meer gedoen te kry. Terselfdertyd moedig dit hulle aan om hulle eie drome na te jaag.

Werkende ma’s soos Hettie Brittz, Charné Cronjé, Rianette Leibowitz en ander het reeds die pad gestap.

Hulle deel graag hulle wysheid, ondervinding en praktiese raad, sodat jy jou beste self kan wees by die werk en in die speelkamer.

Ontdek hoe om die tekens en oorsake van ’n werkende ma skuldgevoel te herken. Leer dan strategieë om dié ingesteldheid die trekpas te gee en ’n heeltemal nuwe uitkyk te kry.

Een waar jou kinders die belangrikste is, maar jy steeds getrou bly aan jouself.

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!