Loop in die stof van die Rabbi - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , ,

Loop in die stof van die Rabbi

Beskikbaarheid:

In voorraad


Tigikus en Paulus in gesprek

As leser is jy bevoorreg om deel te wees van Paulus se intieme gesprekke met die Romeinse koerier, Tigikus. Dit is moontlik dat Paulus se storie na aanleiding van Jesus se storie, ook jóú storie mag word… “Uitdagend en Bybelgetrou. Lees dit en beleef dit!” – STEPHAN JOUBERT

R224.00 R279.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 224 Bonuspunte verdien.

Paulus sit in die tronk met swaar kettings geboei. Hy wag op die voetstappe van die keiser se soldate om hom te gaan teregstel.

Toe Paulus vir ongeveer drie jaar in Efese gewerk het was Tigikus, “geliefde broer en getroue dienaar en medeslaaf in die Here” (Kolossense 4:7), een van die bekeerlinge. Hy besef dat Paulus min tyd oor het om te leef.

Om met rou verwagting aan Paulus, die betroubare gestuurde van Jesus, se voete te sit en luister, beteken vir Tigikus álles. Dis veral sy siening oor die betekenis en rol van Jesus Christus en die Heilige Gees waaroor hy baie meer wil leer.

As leser is jy bevoorreg om deel te wees van Paulus se intieme gesprekke met die Romeinse koerier, Tigikus.

Dit is hier – in hierdie lewensbelangrike gesprekke tussen ’n weetgierige koerier en ’n gryse maar ervare apostel van Jesus Christus waar Paulus se lering uiteengesit word.

JAN DU RAND nooi jou om met aandag te fokus op Tigikus se vrae en Paulus se antwoorde om die diepte van die gesprekke te verstaan. Lees dieper as Paulus se lewensverhaal, om die storie agter die storie te beleef.

Die dieper storie is dié van die Timmermanseun van Nasaret. Dit is die verhaal oor God en sy groot omarmende liefde vir die mens.

Omdat Jesus met sy lewe daarvoor betaal het, het Paulus ook sy lewe aan Hom gewy. Hy het hom daaraan toegewy om so na as moontlik in die stof van die groot Rabbi Jesus te loop.

Dit is moontlik dat Paulus se storie na aanleiding van Jesus se storie, ook jóú storie mag word…

JAN DU RAND is nasionaal en internasionaal bekend as spreker, prediker en skrywer. Hy is professor-emeritus in Nuwe Testament aan die Universiteit van Johannesburg en buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Hy het vir meer as ’n decade navorsing gedoen oor die Briewe van Paulus. As skrywer het hy meer as 200 akademiese artikels en 42 boeke gepubliseer en aan vyf Afrikaanse Bybelvertalings deelgeneem. Hy is ook betrokke by Bybelskole en NGK-gemeentes in Johannesburg en Pretoria.

Jan en Anneli is die ouers van drie getroude dogters en het nege kleinkinders. As hy tyd het, skilder hy en speel gholf.

SKU: 9781432209216(W1-19-A01) Kategorieë: , , , , ,