Liewe jy... [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , , , ,

Liewe jy… [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Liewe Jy … is ’n versameling lewenslesse geskryf deur bekende vroue vanuit hulle eie ervarings. Elkeen van hierdie vroue was op die voorblad van FINESSE tydskrif en ken die blink kant van sukses. Maar hulle ken ook die pyn van teleurstelling, mislukking, swaarkry, seerkry … en die opstaan daarna.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Soms het jy net ’n paar woorde nodig om jou lewe te verander.

In hierdie bundel vol emosie en inspirasie, huil en lag, is ál die woorde wat jy nodig het! Liewe Jy … is ’n versameling lewenslesse geskryf deur bekende vroue vanuit hulle eie ervarings.

Elkeen van hierdie vroue was al op die voorblad van FINESSE tydskrif en ken die blink kant van sukses. Maar hulle ken ook die pyn van teleurstelling, mislukking, swaarkry, seerkry … en die opstaan daarna.

Hulle deel advies vir innerlike vrede en geluk soos wat die lewe dit vir hulle geleer het. In hulle woorde is troos en motivering vir elke vrou van elke ouderdom wat haar lewenspad met selfvertroue wil stap.

Die vroue wat hulle harte oopmaak sodat jy meer geluk in joune kan ervaar, sluit in …

AMALIA UYS
“Sorg dat jy elke jaar ’n beter weergawe van jouself is”

ANNA-MART VAN DER MERWE
“Gee jou oor aan die oomblik. Nóú, hiér. Lééf!”

CARIKE KEUZENKAMP
“Laat agter waardeur jy is; wees oop vir die volgende fase”

HELENé BESTER
“Liefde sorg vir balans en ’n sterk selfbeeld”

SORINA ERASMUS
“Wees eerlik en pretensieloos, net jouself”

Liewe Jy …
hierdie woorde van wysheid en waarskuwing is net vir jou bedoel!

SKU: 9781432203702 Kategorieë: , , , , , , , , ,