Leer sonder stres [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Leer sonder stres [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Help jou kind om ʼn positiewe houding teenoor skoolwerk en studie te hê

In ’n vinnig veranderende en uitdagende wêreld moet kinders sonder stres kan leer, inligting doeltreffend kan gebruik en nie deur die kennistsunami oorweldig word nie.

R89.00 R149.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 89 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Daar is baie kinders wat sukkel om te leer. Met die skooleksamen wat naderkom, is jy dalk ook ’n ma wat met die hande in die hare sit oor swak punte. Dr. Deon van Wyk het raad.

Leer sonder stres lei ouers om hulle kinders te help om die regte studiemetodes te bemeester vir skoolsukses.

Dié volledige en omvattende handleiding dek studie-, eksamenskryf-, lees-, wiskunde- en kommunikasievaardighede. Dit bespreek ook die emosionele intelligensie wat kinders nodig het om die mas op te kom in ’n kompeterende skool-, universiteits- en werksomgewing.

Ouers kry riglyne oor hoe om hulle kinders te help om ’n positiewe houding teenoor skoolwerk en studie te hê, asook hoe om kinders te leer om inligting te verwerk en in ’n veranderende wêreld toe te pas. ’n Passie vir kennis gee immers outomaties ’n passie vir skoolwerk.

Leer sonder stres, Deon van Wyk, e-handleiding.

SKU: 9781432207229 Kategorieë: , , , , , ,