Kweek kinders met karakter [Oudioboek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Kweek kinders met karakter [Oudioboek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Vier jou kinders se andersheid en buig elke boompie na sy aard + Profieltoets vir kinders én ouers

’n Handleiding vir besige ma’s met aflaaibare toetse om jou eie temperament en dié van jou kind te bepaal.

R179.00 R299.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 179 Bonuspunte verdien.

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 10 ure 20 minute]

Wens jy saam met baie ouers dat kinders met ’n handleiding gekom het? Miskien het hulle!

Nou is dié handleiding spesiaal vir besige ma’s (en pa’s) beskikbaar as ’n oudioboek. Al die kernfeite en belangrikste aspekte om die beste ouer moontlik te wees, is vir jou beskikbaar terwyl jy motor bestuur, oefen of koffie drink.

Hiermee saam kry jy aflaaibare profieltoetse wat jy kan uitdruk en voltooi om te bepaal wat jou unieke boomsoort-temperament is asook dié van jou kind. As bonus is daar ’n aflaaibare lys met verdere bronne wat jy kan lees.

Kinders se “handleiding” is in ’n groot mate in hulle unieke temperament opgeskryf. Hierdie oudioboek leer ouers hoe om elke kind s’n te volg.

Wil jy weet:

  • hoe om jou jong boompies so te buig dat hulle nie knak nie?
  • waarom ’n straf vir een kind werk maar nie vir die ander nie?
  • waarop om jou ouerskapinsette vir elke kind te fokus sodat jy met jou beperkte tyd die grootste impak kan maak?
  • hoe om jou kind se “boomtaal” te praat sodat julle mekaar regtig verstaan?
  • hoe om jou kind se emosies, wangedrag, behoeftes en selfs prestasies reg te hanteer sodat sy ’n kind met karakter kan wees?

Dan is dié praktiese oudioboek vir jou bedoel!

HETTIE BRITTZ is getroud met gospelsanger en musiekvervaardiger, Louis Brittz. Hulle het twee dogters en ’n seun.

As spraakterapeut en taal- en gehoorpraktisyn het Hettie voorheen ʼn multidissiplinêre praktyk bedryf. Hier het sy waardevolle ondervinding opgedoen in onder meer ouerleiding. Sy was lank die ouerskapkenner in Finesse Voelgoed Tydskrif en het verskeie topverkoperboeke by Carpe Diem Media gepubliseer.

Sy woon saam met haar gesin in Amerika en het internasionaal groot impak op gesinne oor temas soos Christen-ouerskap en haar indeling van temperamente volgens boomsoorte.

SKU: oudioboek2 Kategorieë: , , , , ,