Kreatiewe rugby [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Kreatiewe rugby [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


KOBUS NEETHLING, guru van heelbreindenke en kreatiwiteit, span saam met Naas Botha, bekende Springbok en Marco Botha, rugbykenner, om heelbreinafrigting vir alle sportliefhebbers toeganklik te maak. Dit is die groot sprong in sport wat ’n nuwe afrigtingsgeskiedenis inlei!

R58.00 R96.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 58 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Kreatiewe rugby is nie ’n wollerige idee nie; dit is ’n konkrete
begrip wat vir elke speler en afrigter beskikbaar is. Heelbreinafrigting moet eintlik op sport in totaliteit, nie net op rugby nie, toegepas word.

KOBUS WIESE, Oud-Springbok

Hierdie boek help jou om spelers in ’n spanomgewing te slyp met die regte vaardighede vir die regte posisies sodat die regte besluite in onvoorsiene situasies geneem sal word.

MARCO BOTHA, Skrywer van Die Baanbrekers en Coach
“Kreatiwiteit is riskant. Krag en grootte is al wat nodig is. Bly by die STRUKTUUR en WEDSTRYDPLAN …”

Dit is die oortuigings waarby baie Suid-Afrikaanse rugbyafrigters en -spelers staan … en val! Maar oud-Springbok Naas Botha en Kobus Neethling, internasionaal bekende kreatiwiteitskenner, snoer kragte saam en sê: “Nee. Maak ’n kopskuif! Raak kreatief op die rugbyveld. Vandag nog! Dit gaan die verskil wees tussen wen en verloor!”

SKU: 9781432204501 Kategorieë: , , , , , ,