Jy kán, as jy gló jy kan [Oudioboek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Jy kán, as jy gló jy kan [Oudioboek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


10 Wenke as jy jou drome wil laat waar word!

Kry jou lewe stap vir stap op koers sodat jou drome waar kan word.

R119.00 R198.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 119 Bonuspunte verdien.

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 4 ure 24 minute]

Om jou drome waar te maak, moet jy jou lewe op koers kry. En hoe om dit te doen, is presies wat Lynette Beer stap vir stap vir jou verduidelik.

Dit is harde werk, maar die moeite werd, want jy is die enigste persoon wat verantwoordelik is vir jou geluk. En jy hét die potensiaal om jou ideale te bereik. Om te glo dat dit moontlik is, moet jy beheer neem van jou denke en emosies.

Het iemand al ooit vir jou vertel iets is nie moontlik nie? Het jy al verwerping ervaar? Sukkel jy met woede en ander negatiewe emosies? Ervaar jy die wêreld as vyandig en vol probleme? Is jy moeg gewag vir beter dae?

Kom luister na die geliefde spreker, skrywer en verhoudingskenner wanneer sy met jou praat op tye wanneer dit jou pas. Niks gaan verander in jou lewe as jy nie aksie neem nie. Kom leer hoe om dit te doen saam met ’n deskundige.

Hou op bekommer en begin leef. Sit jou emosies op hulle plek. Doen wat jy moet, al is jy bang. Leef in vrede met ander mense al maak hulle jou seer. Ontdek weer waarom jy hier is …

Jy kan luister en leer terwyl jy besig is met iets anders soos oefen, lê op die bank of grassny. Die onverwagse voordeel is verder dat ’n mens beter leer wanneer jy luister. So kan jy vir seker weet jou drome sál waar word.

SKU: oudioboeklynette1 Kategorieë: , , , , ,