Jesus is méér … [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Jesus is méér … [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


As kerk toe gaan, geld gee en goed doen

Jesus is méér … laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie ’n volledige oorsig oor sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus ’n groter werklikheid in mense se lewens kan word.

R59.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

TE VEEL MENSE WORD DEUR DIE CHRISTELIKE GODSDIENS TELEURGESTEL EN KOM DAN NIE BY JESUS CHRISTUS UIT NIE

Kom ontmoet die ware Jesus! Leer Hom in hierdie boek ken as die beginpunt van jou geluk, selfvertroue en innerlike vrede. Ervaar die liefde, genade en vergifnis wat Hy kan gee omdat Hy God is.

Dit is net Hy wat alle pyn en seerkry kan genees. By Hom is alle mense welkom. Hy kyk nie na mense se status of hoeveel prestasies hulle al behaal het nie.

Jesus is méér … laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie ’n volledige oorsig oor sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus ’n groter werklikheid in mense se lewens kan word.

Mense het God nodig – nie skynheilige godsdiens met uitputtende regulasies nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus af weghou, word daarom in liefde aangespreek. Nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hóm vir die wêreld te wys.

SKU: 9781432203559 Kategorieë: , , , , , ,