Ja vir God, nee vir die Kerk - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , ,

Ja vir God, nee vir die Kerk

Beskikbaarheid:

In voorraad


“Kopskuiwer en hartroerder! Kobus se boek vat my vorentoe. Godwaarts én kerkwaarts.” –STEPHAN JOUBERT

R119.00 R149.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 119 Bonuspunte verdien.

Ja vir God, nee vir die kerk… dis hoe baie Christene voel. Volgens ’n studie is daar nou 30 miljoen mense in Amerika wat nie meer kerk toe gaan nie. In België is slegs 2% van die bevolking aan die Protestantse geloof verbind.

“Jammer om dit te sê, maar Suid-Afrika is nie ver van hierdie trajek af nie. Indien die kerk nie nou radikaal wakker skrik nie, is dit onafwendbaar dat die kerk soos ons dit ken, ’n stadige (of dalk vinnige) dood gaan sterf,” sê Kobus Kok.

Kerkverlaters skryf nie God af nie. Hulle is bloot klaar met ’n instelling wat nie meer tot hulle geestelike groei bydra nie, en in sommige gevalle selfs hulle geloofsreis kniehalter.

Ons het dringend antwoorde nodig. Ons moet verstaan wat die probleem is sodat ons ’n manier kan vind om hierdie neiging om te keer.
In Ja vir God, nee vir die kerk? praat Kobus Kok reguit hieroor. Hy skryf eerlik oor sy lewenslange liefde vir God, sy uitdagings as pastoriekind en sy lewe as NG predikant, asook sy lewe tans as professor en hoof van die departement Nuwe Testament aan die Evangelische Teologische Faculteit Leuven in België.

Ja vir God, nee vir die Kerk? bied die leser meer as grensverskuiwende woorde op papier. Jy kry ook 12 eksklusiewe video-insetsels (MP4-formaat) waarna jy op jou rekenaar, tablet of slimfoon kan kyk. Dié video’s verwoord Kobus Kok se diep persoonlike reis, waarom hy die boek móés skryf en wat die uitdagings vir die kerk in moderne tye is.

SKU: 9781432208677(W1-19-J01) Kategorieë: , , , , ,