Is jy in ’n groef? [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , , , , , , , , , , ,

Is jy in ’n groef? [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Dis jóú keuse of jy daar gaan bly of nie!

14 Topklas mentors, kenners en sprekers wys jou hoe om in jou geloof, gesin, werk, geld, voorkoms en jou hele lewe, uit jou groef te kom en weer te begin lééf – te midde van veranderinge.

R83.00 R139.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 83 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Om vasgevang te word in ‘n groef wat jou self, geloof, gesin, voorkoms en geld betref is maklik. Maar dis jóú keuse of jy daar gaan bly of nie.

Verandering is ’n onvermydelike deel van die lewe. As jy nie bereid is om daarby aan te pas nie, sal jy nie régtig gelukkig wees nie.

Is jy gereed om uit die groef te kom en weer te begin lééf?

14 topklas mentors, kenners en sprekers soos Lynette Beer, Jannie Putter, Susan Coetzer, Gustav Gous en Liesel Krause-Wiid kan jou help!

Vervang negatiewe gedagtes met positiewes, onthou dat jy tot baie in staat is, leer om aan te beweeg, dit is belangrik om ‘n plan te hê, én laat jou lewensdoel jou inspireer is van die temas waarna jy kan uitsien.

Finesse Voelgoed Tydskrif se e-boek IS JY IN ‘N GROEF? sal jou hoop gee, bemoedig en toerus met praktiese wenke vir jou lewe.

Temas:

  1. Dit is amper onmoontlik om positiewe resultate te kry met negatiewe denke. Jy moet negatiewe gedagtes stop en met positiewes vervang. -Lynette Beer, verhoudingskenner
  2. Maak ’n lys van jou sterkpunte en onthou dat jy tot baie in staat is. Baie mense kelder hulle eie vordering, omdat hulle bang is of nie in hulleself glo nie. -Bill Price, lewensafrigter
  3. Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef… -Liesel Krause-Wiid, predikant
  4. Dit wat ons lees, waarna ons kyk en waarmee ons op sosiale media besig bly, het ’n invloed op ons welstand. Raak ontslae van die negatiewe dinge in jou lewe! -Karien Basson, skakelbestuurder
  5. Positiewe ouerskap is om eerder ’n langtermynverhouding te bou waaruit jy en jou kind kan baat, as om die regte reëls en strafmaatreëls in plek te sit. -Jannie Putter, motiveringspreker
  6. Leer jou kinders dat daar nie hoogtepunte is, sonder laagtepunte nie. Jy kan ook nie bekostig dat vrees jou verlam nie, jy moet die beste maak van verandering! -Lizanne du Plessis, ouerskapkenner
  7. Die internet is goed vir huiswerk, aanlyninkopies en om in kontak te bly met vriende. Omdat ons in ‘n digitale era leef, is dit egter belangrik om aanlyn veilig te wees. -Rianette Leibowitz, kommunikasiekundige
  8. As jy wil vorentoe beweeg, moet jy jou lewe goed in oënskou neem. Jy moet tyd opsy sit om oor jou lewe na te dink (al moet jy dit inpas tussen jou ander prioriteite). -Susan Coetzer, motiveringspreker
  9. Wat sê jy vir jouself voordat jy ’n risiko neem of iets nuut aanpak? Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Maak só plek vir meer geluk, liefde en lig in jou lewe! -Rouchelle Liedemann, TV-aanbieder
  10. Ons moet leer om aan te pas by nuwe omstandighede en aan te beweeg, om eienaarskap daarvan te vat en probleme te verwerk. Maar dit gebeur nie oornag nie. Dit vat tyd. -Gustav Gous, lewensafrigter
  11. Verandering laat jou nuut dink. Begin klein, deur jou roetine te verander of nuwe vriende te maak. Na ’n ruk, sal al die klein veranderinge jou help om vorentoe te beweeg. -Catherine van Heerden, sielkundige
  12. Die wêreldwye ekonomiese krisis gaan nog vir baie jare huishoudings beïnvloed. Dit is belangrik om ’n plan te hê en om seker te maak dat jy jou geld op die regte dinge spandeer. -Wouter Snyman, sakeman
  13. Dit is maklik om gewig op te tel as jy minder het om te doen of nie nodig het om in ’n spesifieke denim te pas nie. Vind uit waar jy moet begin om gewig te verloor… -Carina Fourie, dieetkundige
  14. Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie. -Janine Truter, predikant
SKU: Isjyinngroefepub Kategorieë: , , , , , , , , , , , , , , , ,