In die skadu van ʼn legende [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

In die skadu van ʼn legende [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Pieter en Joost was partners in crime wat mekaar nooit in die steek sou laat nie. Hy vertel uit sy hart van hulle kinderdae totdat hy vir Joost moes groet.

R71.00 R119.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 71 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

ʼn Groot man met ʼn sagte hart.

Van Pieter se mooiste herinneringe saam met Joost kom uit hulle kinderjare. Hulle het baie poetse gebak en kattekwaad aangevang.

Pieter en Joost was partners in crime wat mekaar nooit in die steek sou laat nie.

Hy vertel uit sy hart van hulle kaalvoetdae en die kwajongstreke wat hulle aangevang het. Hy beskryf ook roerend hulle laaste dae en ure saam voor hy vir altyd moes afskeid neem.

Pieter het in ʼn stadium self vir Joost verorg en praat eerlik oor wat dit van hom geverg het aan die een kant en hoe dit hom aan die ander kant verryk het.

Om totsiens te sê het vir Pieter beteken om te leef asof sy broer genees sou word en nié asof hy sou sterf nie. Maar hy het ook berus, want hy het geweet Joost was gereed om te gaan. Hy beskryf hoe dit was om sy broer finaal te groet.

Joost is ʼn legende wat nog lank in mense se harte en herinneringe sal voortleef. Hy was nie net ʼn uitstekende sportman nie, maar ook ʼn besondere mens. Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy besef dat hy ʼn “groot” man was met ʼn klein hart wat regtig vir mense omgegee het.

SKU: 9781432207779 Kategorieë: , , , , ,