Hoor God se stem [Oudioboek] - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , ,

Hoor God se stem [Oudioboek]

van Carpe Diem Media Digitaal
Beskikbaarheid:

In voorraad


Die Here laat groot dinge gebeur as jy glo …

Bybelwaarhede wat jou leer om nader aan die Here te beweeg, sodat jy ’n oor kan hê om te hoor wat Hy vir jou sê.

R155.00 R194.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 155 Bonuspunte verdien.

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 6 ure 18 minute]

“Bybelwaarhede wat met jou hart práát.” –Liesel Krause Wiid

As motiveringspreker is Lynette Beer baie geliefd en sy preek ook gereeld in kerke dwarsdeur die land. Nou kan jy na haar luister asof sy net hier, by jou, waar jy ook al is, met jou kom gesels. Haar passie vir die Woord sal die vuur in jou hart aan die brand steek om jou ore en jou hart vir die Here se stem oop te maak.

Ons hoor baiekeer nie God se stem nie omdat ons net soms sy leiding vra – gewoonlik tydens ’n krisis of voor ’n belangrike besluit. Dan raak ons gefrustreerd omdat ons nie duidelik hoor wat om te doen nie. En begin ons wonder hoekom ons nie sy stem hoor nie …

Dit is belangrik om ’n verhouding met God te hê wat dit maklik maak om sy stem te hoor. Hoe nader jy aan Hom beweeg, hoe makliker is dit om ’n oor te hê om te hoor wat Hy sê.

Jy praat waarskynlik reeds met God, maar luister jy na Hom? Lynette Beer wil jou aanmoedig om ingestel te wees om die Here se stem te kan hoor en al die maniere te kan herken waardeur Hy praat.

Daarom gebruik sy haar eie ervarings én dié van Bybelfigure om te wys hoe die Vader vandag nog met sy kinders praat. Die Here sê dat sy skape sy stem ken (Johannes 10:27), dus kan jy Hom vertrou vir ’n lewe van oorvloed wat Hy vir jou in gedagte het.

Hierdie vertroue is meer as ’n gevoel; dis ’n keuse om te glo wat Hy sê, selfs wanneer jou omstandighede of emosies jou iets anders wil laat glo. Jy hoef nie jou gevoelens of realiteit te ignoreer nie. Jy hoef ook nie voor te gee dat alles oukei is nie.

Om God te vertrou beteken om ’n lewe van geloof en gehoorsaamheid te leef, al is dit moeilik. Die Here laat groot dinge gebeur as jy glo…

Carpe Diem Media Digitaal