Hoop [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , , ,

Hoop [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Deur die winter van kanker na die lente van lewe!

Moes jy al die gevreesde woorde hoor: “Dis kanker … ” Beleef saam al die emosies waardeur die skrywer moes swerf en word heel.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Die lewe is nie altyd maklik nie. Daar gebeur dinge met ons wat ons heel eerder sou verruil vir ʼn dag op die strand. Die lewe is ook g’n grap nie. Sedert Adam vir Eva blameer het en Eva op haar beurt die slang, veroorsaak die gebrokenheid van menswees soms ’n erge sooibrand.

God het geweet dat die kroon van Sy skepping hemelse bruissout nodig sou hê. Toe gee Hy ons die sterkste doepa hiervoor: die genadegawe van lag – soms deur die trane heen.

Elsabe skryf: “Humor is soos gewilde, duur velroom. Jy vermoed dit doen nie alles wat dit belowe nie, maar jy voel beter as jy dit gereeld aanwend. Lag bring lig en laat waai vars lug deur muwwe en pynlike situasies.”

Wanneer dit voel die lewe druk jou soos ʼn te klein skoen, of dat die trane net te veel van jou make-up laat smudge, lees Vonkelkyk op die lewe! Tokkel jou lagsnare saam met Elsabe Aldrich en sit die vonkel terug in jou oë.