Hoekom ek nog Glo! [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Hoekom ek nog Glo! [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Sien God se vingerafdrukke in jou lewe raak

Ontdek opnuut die geheim van geloof in Hennie Stander se openhartige vertelling in Hoekom ek nog glo. Hy deel grepe uit sy eie lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer. Hy vertel ook die verhaal van Fluks en Flou wat voel en dink soos mense wat sukkel om te verstaan … Hierdie boek sal jou laat vertroue kry in jou lewenspad.

R42.00 R70.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 42 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Dis maklik om te dink dat geloof nie meer in vandag se lewe ʼn plek het nie. Danksy moderne tegnologie en wetenskap is daar verklarings vir alles. Niemand kan meer stry nie. Hoe moet jy jouself, en ander oortuig dat geloof werklik is? Is daar nog plek daarvoor in ons bestaan?

Hennie Stander deel in Hoekom ek nog glo grepe uit sy eie lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer. En daarmee saam word die eenvoudige verhaal van Fluks en Flou, wat op ʼn eiland uitspoel, vertel. Hulle ervaring tydens hierdie traumatiese situasie is ʼn uitbeelding van wat ek en jy elke dag ervaar.

Fluks en Flou voel en dink soos mense wat sukkel om te verstaan … Veral toe die blou wol uit die niet uit verskyn. Sal hulle die geheim kan ontrafel?

Ontdek opnuut die geheim van geloof in Hennie se openhartige vertelling. Oor kere toe hy kwaad was, moedeloos, en teleurgesteld – en wat hy daaruit kon leer. Hierdie boek sal jou laat weet jy is besig met God se projek, nie jou eie nie; dit sal jou die plan in die onbeplande laat sien; en jou laat vertroue kry in jou lewenspad.