Groeipyne [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Groeipyne [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Baba, kleuter, tiener – hier is raad!

45 uitsendings van RSG se gewilde oggendprogram, Groeipyne, is nou in ’n boek saamgevat sodat jy dag en nag antwoorde en wenke kan kry. Alles waaroor jy wonder en bekommer word bespreek: dikbek tieners, hoe om die regte vriende te kies, goeie Wiskundepunte, boelies, dissipline, skoolgereedheid, emosionele ontwikkeling, lyfstraf, eksamenstres, leesvaardighede, roetine, neulery en nogander relevante temas.

R62.00 R104.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 62 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak.

Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te pak nie.

45 uitsendings van RSG se gewilde oggendprogram, Groeipyne, is nou in ’n boek saamgevat sodat jy dag en nag antwoorde en wenke kan kry. Alles waaroor jy wonder en bekommer word bespreek: dikbek tieners, hoe om die regte vriende te kies, goeie Wiskundepunte, boelies, dissipline, skoolgereedheid, emosionele ontwikkeling, lyfstraf, eksamenstres, leesvaardighede, roetine, neulery en nog ander relevante temas.

Die kenners wat hulle wysheid en ervaring met ander ouers deel, weet wat die uitdagings en probleme is waarmee kinders vandag te doen kry.

Die nuwe lewenstyl vra dat ouers nuut sal dink en doen en dis waarmee hierdie boek jou sal help. Hierdie is ’n saampraat boek propvol idees wat werk – nie ingewikkelde teorie nie. Dit haal die pyne uit opvoeding uit en maak ouerskap weer plesierig … en iets waarin jy goed is.