God se storie Bybel - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , ,

God se storie Bybel

Beskikbaarheid:

In voorraad


Van die skepping tot die wederkoms

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wêreld so hartstogtelik liefhet, dat Hy ons nooit kan los nie. Nou word God se storie in hierdie boek so vertel, met teksverwysings, dat die leser deur die oë van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

R200.00 R249.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 200 Bonuspunte verdien.

God se storie

Die aangrypende verhaal van die Bybel van Genesis tot Openbaring

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wêreld so hartstogtelik liefhet, dat Hy ons nooit kan los nie. Nou word God se storie in hierdie boek so vertel dat die leser deur die oë van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

Die verhale van mense van vlees en bloed, mense met emosies, passies en ideale, kom lê in hierdie boek naby aan die moderne mens se lyf. Die boodskap kom in hierdie storie van God duidelik na vore: dis steeds dieselfde God wat Hom met mense soos ons bemoei.

WAT JY ALLES IN HIERDIE BOEK SAL VIND …

  • 52 hoofstukke propvol Bybelse geskiedenis wat so lekker is om te lees soos ’n roman
  • die geleentheid om die Bybel in een jaar se tyd week vir week deur te werk
  • twee afdelings met vrae waaroor jy in jou stiltetyd kan nadink of in ’n kleingroep kan bespreek
  • teksverwysings wat aandui waar elke verhaal in die Bybel staan, sodat jy hierdie boek ook kan saamneem kerk toe of na jou Bybelstudiegroep.

WAAROM JACO THOM GOD SE STORIE GESKRYF HET …

“Om deur die Bybel te gewerk het om hierdie boek te skryf, was vir my ’n persoonlike hoogtepunt in my verhouding met God. Dit was ’n wonderlike ervaring om saam met die helde in God se Woord te stap. Ek het geleer om met nuwe oë na God te kyk. Dit is my gebed dat God se storie elke leser sal help om God op ’n nuwe manier te ervaar — en ’n liefde vir die Bybel te ontwikkel.”

SKU: 9781432202149(W1-18-E04) Kategorieë: , , , , ,