As moderne vrou het jy ’n groot uitdaging:
Jy moet ’n uithalerete kan kook, maar ook ’n vergadering kan lei;
Jy moet genoeg van Google weet, maar nog meer van Jesus … Jou lewe is oorvol.
Soms sien jy nie eers vir God in jou prentjie raak nie, maar as jy mooi dink, besef jy dat Hy nog altyd net goed was vir jou.
En soms die onmoontlike in jou lewe laat gebeur het.
In hierdie dagboek het 52 vroue oor ’n breë spektrum – skrywers, dominees, sangeresse, motiveringsprekers – bymekaargekom om vir jou te vertel van die buitengewone dinge wat God in húlle lewens gedoen het.
Elkeen het ’n week se dagstukkies geskryf met die sentrale tema: God se grootheid en goedheid.