Gered deur genade [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Gered deur genade [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


50 geloofstories oor hoop en genesing

In Gered deur Genade deel 50 Radio Kansel luisteraars hulle stories van genade met jou! Jy sal nooit weer kan twyfel nadat jy hierdie stories gelees het nie.

R42.00 R70.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 42 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Jy het hulle aangrypende getuienisse op Radio Kansel gehoor en jou hart is geroer.

Nou is hulle stories vasgevang in dié inspirerende boek sodat jy nie alleen deur die storms van die lewe hoef te gaan nie.

50 MENSE DEEL HULLE STORIES VAN GENADE MET JOU, SODAT JY DEUR JOU EIE STORM KAN KOM.

Regdeur die verhale van lyding, van vervolging en benoudheid loop die silwer draad van genade om teen gevaar te beskerm, van siekte te genees, ’n radikale koersaanpassing te maak.

In hierdie merkwaardige verhale vertel mense hoe die onmoontlike gebeur het, hoe hulle op bonatuurlike wyse God se genade beleef het.

’n Paar van hierdie mense het die hemel gesien. Of God se stem gehoor. Ander het subtiele fluisteringe beleef wat hulle lewe vir altyd verander het. Party was klinies dood en het weer lewend geword.

Sommige is genees of van verslawing bevry. Jy sal nooit weer kan twyfel aan genade nadat jy hierdie stories gelees het nie! Jy sal nooit weer wonder of jy kan aangaan nie! Jy sal weet – deur GENADE is daar altyd HOOP!

SKU: 9781432201166 Kategorieë: , , , , , , ,