Die FroueVonds Dagbeplanner 2021 kombineer styl en inspirasie, met ’n bladsy per dag vir afsprake om jou in staat te stel om elke dag haarfyn te beplan en jou tyd optimaal te benut. Daar is oorgenoeg skryfplek vir notas, verjaarsdae, vergaderings en ’n inkopielys.
Aan die begin is daar ’n jaarkalender sodat jy met ’n oogopslag kan sien wat alles moet gebeur, asook kalenders vir 2021 en 2022, openbare vakansiedae, skoolkwartale en méér.
Lynette Beer inspireer jou om te fokus op wat regtig saak maak en geloof ook deel van jou daaglikse roetine te maak.
’n Dagbeplanner met ’n doel!
“Deur die FroueVonds Dagbeplanner aan te koop verseker jy terselfdertyd dat die FroueVonds studiegeleenthede vir behoeftige meisies en vroue moontlik kan maak. R50 van elke dagbeplanner word in die FroueVonds teruggeploeg. Vir ons is dit ’n sleutel in die hand om ’n deur tot ’n beter toekoms vir iemand anders oop te sluit,” sê Benette Welman, projekkoördineerder.
Koop vandag nog ’n dagbeplanner vir jouself of as geskenk vir al jou vriendinne en kollegas.