Finesse voelgoedboekie oor hoop - Voelgoedwinkel
-75%
, , , , , ,

Finesse voelgoedboekie oor hoop

Beskikbaarheid:

In voorraad


Hierdie boekie is geskryf deur vroue net soos jy. Vroue wat hulle harte vreesloos oopgemaak het om vir jou te vertel hoe hulle as oorwinnaars aan die ander kant uitgestap het. Die boekie sal jou hoop gee en jou bemagtig om ’n lewe van oorgawe en oorwinning te leef.

R25.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 25 Bonuspunte verdien.

“Jy is nie jou verlede nie, jy is nie ’n fout nie en jy is ook nie iemand anders se opinie van jou nie.”
Alta Strauss

Die lewe gooi jou soms teen die grond:

  • Jy kry kanker.
  • Jy en jou man skei.
  • Jou tienerkind raak swanger.
  • Jy word tydens ’n huisroof verkrag.

Maar jy kan kies – gaan jy plat op jou gesig in die stof bly lê of gaan jy soos ’n rubberballetjie boontoe spring?

Jy is nie alleen nie – ongeag waardeur jy ook al op die oomblik gaan. Jy het ’n liefdevolle Vader vir wie jy oneindig kosbaar is. Hy hou jou styf vas terwyl jy seer het of soos ’n mislukking voel. Hy maak jou weer heel. En aan die einde van hierdie seerkrypad sal jy jou storie van hoop kan gebruik om ’n verskil in ander se lewens te maak.

Hierdie boekie is geskryf deur vroue net soos jy. Vroue wat hulle harte vreesloos oopgemaak het om vir jou te vertel hoe hulle as oorwinnaars aan die ander kant uitgestap het. Die boekie sal jou hoop gee en jou bemagtig om ’n lewe van oorgawe en oorwinning te leef.

SKU: 9781432205676(W1-18-K02) Kategorieë: , , , , , ,