Finesse Meisie-tydskrifboek (#1) - Wees die regte jý - Voelgoedwinkel
-20%
, , , , ,

Finesse Meisie-tydskrifboek (#1) – Wees die regte jý

Beskikbaarheid:

In voorraad


Wees die beste jý

’n Finesse tienermeisie is méér as ’n mooi gesiggie. Sy is slim, skerp, seker en sexy – en dis die tipe artikels wat jy in hierdie volkleur bladsye gaan raaklees.

R79.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 79 Bonuspunte verdien.

Om ʼn tienermeisie te wees was nog nooit so kompleks soos nou nie!

Dis waar dat jy nie ’n huisverband hoef af te betaal nie, maar dit beteken nie jou lewe is maklik nie. Dis eintlik verstommend hoe veerkragtig en optimisties tienermeisies is as ’n mens dink aan aal die druk waarmee hulle moet saamleef.

Die Finesse Meisie Tydskrifboek wéét watter uitdagings hoërskoolmeisies elke dag mee te doen kry. Dis propvol aanmoediging en slim raad wat meisies help om hulle waarde en hulle plek in die wêreld te ontdek.

Ma’s moet vir seker weet: al klap jou dogter haar deur hoe hard toe – sy het jou nodig. Tienermeisies het behoefte aan ’n vertroueling én iemand wat vir haar die regte koers kan aandui. Terselfdertyd wil sy haar vlerke sprei en ontdek wie sy is.
Dis dan ma’s se uitdaging: Om soms hulle dogters vas te hou en soms aan te moedig om hulle eie ding te doen. Wonder jy hoe om dit reg te kry? Gee vir jou meisiekind die Finesse Meisie-tydskrifboek!
In volkleur lekkerlees bladsye kry sy raad wat nie preek nie. Sy leer hoe sy kan sprankel in haar geloof en ontdek die geheime wat gelukkig meisies weet … Ken jou kind die goeie redes om single te wees? Laat sy haar hele lyf opnuut waardeer en lief wees vir haarself van kop tot tone. Ons wys haar hoe. En ons praat vir ’n slag eerlik en reguit oor seks sodat Ma nie so baie hoef te bekommer nie.