Eva [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Eva [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Haar verhaal is dalk ook joune!

Eva is die verhaal van duisende vroue deur die eeue heen en dit sal jou ontroer, laat dink en van jou eie skuldlas laat vrykom.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Dis my skuld, my skuld, my skuld!
Eggo dit in Eva se gedagtes, as sy dink aan haar grootste fout.

Dis my skuld, my skuld, my skuld!
Huil Emtia terwyl sy ’n roman oor Eva skryf en sy die nuus oor haar seun moet verwerk.

Dis my skuld, my skuld, my skuld!
Kla vroue van alle tye as dinge verkeerd loop in hulle lewens.

Die verhaal van Eva is eintlik ook die verhaal van duisende vroue deur die eeue heen en ook van moderne vroue vandag.
Emtia is een van daardie vroue. Haar gewete jaag haar oor haar foute, verkeerde besluite en hul yslike nagevolge soos die ramp wat oor haar gesin gekom het.

Hoe gaan sy met hierdie innerlike konflik saamleef? Hoe gaan sy ooit haarself kan vergewe?

Eva  is ’n verhaal wat jou sal ontroer, sal laat dink en van jou eie skuldlas sal laat vrykom.

SKU: 9781432200800 Kategorieë: , , , , ,