Elkedagse geluk (Deel 1) (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , , ,

Elkedagse geluk (Deel 1) (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


30 dinge wat jy kan dóén om gelukkig te wees – aanvaar jy die uitdaging?

Andriëtte Norman, Caroline-Grace Brüssow, Elana Afrika-Bredenkamp en 27 ander bekendes, onder wie radio- en TV-persoonlikhede, lewensafrigters en motiveringsprekers, het iets ontdek wat heeltemal in teenstelling is met alles wat ons nog altyd oor geluk wysgemaak is.

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

As ons nog kinders is, lag en speel ons – en is ons gelukkig. Maar as ons groot is, vergeet die meeste mense hoe om regtig gelukkig te wees.

So, wat is geluk?

Andriëtte Norman, Caroline-Grace Brüssow, Elana Afrika-Bredenkamp en 27 ander bekendes, onder wie radio- en TV-persoonlikhede, lewensafrigters en motiveringsprekers, het iets ontdek wat heeltemal in teenstelling is met alles wat ons nog altyd oor geluk wysgemaak is.

Ons kan nie durende geluk verkry deur meer geld te maak of meer besittings aan te skaf nie. Ook nie deur suksesvol, invloedryk of beroemd te wees nie. Geluk is ook nie net iets wat ’n mens voel nie, dis iets wat jy dóén!

Sommige faktore wat ons geluk beïnvloed, is buite ons beheer. Tog is daar eenvoudige dinge wat ons kan doen wat dit maklik maak om elke dag met vreugde en vergenoegdheid te leef. Oorweeg dit om ’n paar van hierdie – of al 30! – te probeer, en gee die vaalste dag ’n goue randjie:

• Skryf jou eie leeflesse
• Gee ’n onverwagse geskenk
• Sê ’n dankie-gebed
• Lees iets positiefs
• Kry ’n mentor

Elkedagse geluk (Deel 1) is die eerste stap om nuut te dink oor ’n gelukkige manier van leef. Dit is veel meer as ’n selfhelpboek – dis ’n moet-hê!