Eiland van lig [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Eiland van lig [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Johannnes: ’n banneling se merkwaardige getuienis

Deel in die apostel se bewondering vir Jesus. Sy Meester se verpersoonliking van ware liefde loop soos ’n goue draad deur die roman, tot waar hierdie banneling in ekstase ’n kragtige visioen beleef.

R67.00 R111.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 67 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

EILAND VAN LIG is geskryf uit ’n Patmos-perspektief, verweef met Johannes se ervarings as dissipel van Jesus. Die apostel is ’n banneling op ’n afgeleë eiland, in die geselskap en sorg van ’n bekeerde Romeinse slaaf, Lucius. Dié energieke jongman is Johannes se skriba wat geesdriftig sy “meester” se merkwaardige getuienis neerskryf.

Leer die apostel van die liefde beter ken: sy broosheid, die donker tye van afsondering en die verlange na mense ná aan hom. Tog breek die lig van God se liefde en genadige redding telkens op hierdie verlate eiland deur. Die apostel en ander bannelinge raak stilweg draers van hierdie lig in die duisternis van ’n vyandige wêreld.

Deel in die apostel se bewondering vir Jesus. Sy  Meester se verpersoonliking van ware liefde loop soos ’n goue draad deur die roman, tot waar hierdie banneling in ekstase ’n kragtige visioen beleef – so lewensgetrou asof hy self daar is.

“Die leser wat die boek met ’n oop hart lees, sal nuwe en kosbare ervarings daarmee opdoen, ervarings waardeur Jesus werklik word en nader kom. Dit sal elke ontvanklike leser aanraak en vul.”

– Willem Nicol (topskrywer en spiritualiteitsmentor)

SKU: 9781432207713 Kategorieë: , , , , ,