Dis oukei [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Dis oukei [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


… as jou kinders verskil en verander!

Vir alle ouers! In dié boek word die geheim van suksesvolle ouerskap onthul: om jou kind se uniekheid te herken en te waardeer.

R42.00 R70.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 42 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Weet jy hoe jou kind se kop werk? Waarskynlik nie.

Dus volg ouers meestal die voorbeeld wat hulle by hulle eie ouers gesien het, of soms juis nié …Vir die talle ouers wat hulpeloos wonder hoe hulle die nuwe bondeltjie gaan groot kry en vir ouers wat al moedeloos die hande in die lug gegooi het oor konstante botsings met hulle kinders – daar is hulp.

In dié boek onthul Ewald en Beatrix van Rensburg die geheim van suksesvolle ouerskap: om met “sagte oë” na jou kind te kyk.

Dit beteken om jou kind se uniekheid te herken en te waardeer, asook ander faktore wat ’n invloed op hulle vorming kan uitoefen. Met die insig wat kom uit jare se studie en praktiese ervaring, wys die skrywers dat die “one-size-fits-all”-benadering doodeenvoudig nie werk nie.

Dis oukei is ’n boek wat jy stuk-stuk kan lees, oor kan nadink en op die proef kan stel. Jy sal keer op keer terugkeer na bepaalde aspekte wat op daardie spesifieke tydstip in jou ouerskap vir jou van belang is.