Dink jouself dun [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Dink jouself dun [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Al het jy nie fisiese kilogramme om te verloor nie, het jy dalk emosionele gewig om af te skud.

Om hierdie boek te koop is stap 1.

Loop die pad saam met Catherine van Heerden en raak stap-vir-stap ontslae van die gewig wat jou agter hou.

R72.00 R120.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 72 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Wil jy ’n paar ekstra kilo’s om die heupe verloor, maar jy sien geen resultate nie …? Is dit dalk omdat jy so swaar dra aan die emosionele bagasie in jou kop? Dan is hierdie e-boek vir JOU! Want jy kan jouself dun dink en dun doen!

’n Stap-vir-stap proses om denke nuut te maak!

Sielkundige en lewensafrigter, Catherine van Heerden, gaan saam met jou op ’n reis waar “traveling light” die doelwit is! Hetsy fisiek of emosioneel. Want alles begin mos in jou kop! En dit is dalk net die plek waar jy moet begin om die verskil ook op die skaal te sien.
In die e-boek is daar 11 gratis video’s ingesluit wat jy eers moet kyk voordat jy verder lees. Kliek op VIDEO aan die begin van elke hoofstuk, en volg die skakel om te hoor wat Catherine te sê het.

Deur die praktiese raad en wenke, en uit Catherine se persoonlike ervarings, kan jy leer om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem. Sekere gewoontes, patrone en roetines sal moet verander om jou by die plek te bring waar jy fisieke gewig verloor. Die aktiwiteite in die boek is so saamgestel om jou stap-vir-stap te lei in die proses tot nuwe denke en ’n nuwe lyf.
Dit gaan oor meer as gewigsverlies … eerder oor ’n “ligter” leefstyl!

Maak nie saak waar jy nodig het om gewig te verloor nie, dit begin by ’n besluit! En in hierdie e-boek sal jy leer met minder bagasie deur die lewe te reis.

Dink jouself dun gaan jou herinner aan die waarheid dat jou waarde en skoonheid nie lê in jou gewig, voorkoms of hoe besig jy is nie. Jou waarde lê in die feit dat jy op ’n wonderbaarlike wyse gemaak is deur die Skepper! Dan sal jy ook begin glo dat jy die beste JY kan wees!

Sny die emosionele vet weg, en jou middellyf sal vanself krimp …

SKU: 9781432205812 Kategorieë: , , , , , ,