Die verhaal van Dawid [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Die verhaal van Dawid [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Van skaapwagter tot koning van Israel

Die Bybelse verhaal van die mees bekende koning in die Ou Testament oorvertel vir moderne lesers

R74.00 R124.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 74 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Teen die agtergrond van die politieke en godsdienstige onrus van die Ou Testamentiese tyd kon dié dramatiese verhaal maklik ‘n hoofberig in vandag se koerant gewees het.

DAWID – Bendeleier, egbreker, moordenaar … Maar ook koning, psalmdigter en man na God se hart. In hierdie verbeeldingryke, Woordgetroue weergawe van die geskiedenis van een van die bekendste konings in die Ou Testament, kom Dawid tot lewe as ’n gewone man wat buitengewone dinge gedoen het.

Deur al die wisselvallighede van sy lewe het hy lojaal gebly aan Jahwe sy God. In alles het hy op Jahwe en sy beloftes alleen vertrou. Selfs toe hy gruwelik gesondig het en gestraf is, het hy sy oog op Hom gevestig gehou.

DAWID bring hoop vir mense wat duisende jare ná hom leef. God gebruik steeds mense wat soms struikel om sy werk te doen. ’n Diep geestelike verhouding met ons Skepper is ook vir ons moontlik soos dit vir Dawid was.

Hierdie grootse verhaal van liefde en geloof uit die antieke geskiedenis word op ‘n vars manier aangebied vir mense wat in die onstuimige tye van die 21ste eeu leef.

JACO THOM is die nommer een skrywer van Afrikaanse Bybelse fiksie. Meer as 50 000 eksemplare van sy tydlose treffer, Die Bybelroman, is reeds verkoop.

Hy is predikant en woon saam met sy vrou, Elmien, in die Paarl.

SKU: 9781432208721 Kategorieë: , , , , ,