Helena het nog altyd geweet sy is anders – nie te veel met die maan gepla nie, maar wel met die Namakwalandse veld.
Op die ouderdom van 16 ervaar Helena die bitter nasmaak van liefde. Die kortstondigheid
van liefde steel haar vreugde, maar die medemenslikheid van die Namakwalandse mense verlig haar hartseer.
Die Laaste Donkermaan handel oor Helena se soeke na die waarheid – oor swaar grootword, armoede en sukkel, die teleurstelling van onbeantwoorde liefde en die dringendheid van moederskap.
Dis aan die einde van die verhaal wat die waarheid sy kop uitsteek.
Sy begin verstaan waar haar liefde vir die veld vandaan kom, haar obsessie met die maan en hoekom haar ma nooit lief was vir haar nie.
Haar soeke na liefde word nooit beantwoord nie, sy is immers bang vir die liefde en wil haar dogter vir ’n laaste keer waarsku.
Maar voordat sy haar laaste woorde kan sê, kom haal Pietertjie haar om saam met hom na die Paradys te gaan …